Elana Afrika-Bredenkamp aanbieder van die nuwe kykNET televisiereeks, Afskaal
Updated | By Jacaranda FM
Gewilde glanspersoon, Elana Afrika-Bredenkamp bring persoonlikheid, warmte en deernis na die skerm.
Soos die naam voorstel, volg Afskaal vier Suid-Afrikaners in hul poging om gewig te verloor met die hulp van Slender Wonder.
LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp dazzles on the new cover of SARIE
Gedurende die 16-week periode, maak die vier deelnemers hul harte en huise oop met die oog op ‘n gesonder lewenstyl. Hul neem deel aan verskeie uitdagings wat hul breinkrag en fisieke krag gaan toets. Boonop word hulle uit hul gemaksones geneem en aangemoedig om grense te verskuif terwyl hulle meeding vir die groot prys.
Die ongelooflike ding van ‘n paadjie na gewigsverlies, is dat dit oor soveel meer gaan as net dit. Dit behels ‘n verandering in hoe jy dink wat uiteindelik dan lei tot ‘n gesonder lewenstyl. “Ons kon aan geen beter persoon dink om saam met die deelnemers die paadjie aan te durf, as Elana nie,” sê Riaan Jacobs, Hoof Uitvoerende Beampte van Slender Wonder. Jacobs sê ook “Sy straal empatie uit en bevriend almal wat sy ontmoet.”
Elana Afrika-Bredenkamp help ander om hul beste lewens te leef
“Ek is al reeds geïnspireer deur die uithouvermoë en sterk wil van die deelnemers. Hulle het soveel meer energie as toe hulle net begin het,” sê Elana Afrika-Bredenkamp.
“Dis ‘n plesier om ‘n reeks soos hierdie aan te bied waar mense ander kan leer en kan aanmoedig om gesonder keuses te maak en hul beste lewens te leef,” sê sy.
Afskaal sal première op KykNet (DSTV 144) op 10 Oktober 2019, uitgesaai word op Donderdae om 17:30, met heruitsendings op KykNet en Kie, Donderdae om 21:00, vanaf 17 Oktober.
STORIES OM VOLGENDE TE LEES:
Show's Stories
-
LISTEN: The best Rob and Roz interviews from 2024!
The Drive with Rob and Roz have been lucky to share the studio with some...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 4 hours ago -
Dad went in to save the teddy but ended up sludge-faced
The silver lining in this scenario is that mud is said to be great for y...
The Workzone with Alex Jay 2 days, 5 hours ago