Elana Afrika-Bredenkamp speel in sterbelaaide kykNET-storiefilm, 'Kantlyn'
Updated | By Jacaranda FM
'Kantlyn' fokus op ouers wat hul bulletjies van die kantlyn aanpor by ’n rugbywedstryd vir knikkertjies. Kyk die lokprent hieronder!
Die akteurs, Martelize Kolver, Jill Levenberg, Roeline Daneel, Albert Maritz en Beer Adriaanse is ook te sien in die komediese prent wat op 5 Januarie om 20:00 op kykNET vertoon word.
LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp and Pedro Kruger on creating wholesome content for children
Jacaranda FM se Elana Afrika-Bredenkamp is geen vreemdeling op die kassie nie, die bekroonde media persoonlikheid het al in talle TV-reekse en flieks haar lyf akteur gehou: 'Jimmy in Pienk' (2013), 'Hollywood in my Huis' (2014), 'Footskating 101' (2007) en die gewilde kykNET-reeks, 'Fynskrif'.
Op 5 Januarie om 20:00 maak sy haar verksynsel op die nuwe kykNET film, 'Kantlyn'. Dié komedie handel oor ‘n groep ouers wat tydens ‘n bulletjierugbyspel langs die veld soos kinders te kere gaan.
"Om met Suidooster Films te werk, was soos 'n droom. My regisseur, Dian Weys is uitstaande! Die res van die rolverdeling was wêreldklas!! My karakter, Refilwe is een vir die boeke. Sys bitsig en altyd op haar foon. 'n Eiendomsagent en die betse... haar man word deur Laudo Liebenberg gespeel," vertel Elana oor die projek.
Kyk die lokprent hieronder:
Kantlyn speel Dinsdag, 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)
Show's Stories
-
Woman shows us her talent that involve tongs
When you approach things with a multipurpose mindset, you begin to see o...
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago -
Weekend fun awaits at Tres Jolie Restaurant and Party Venue
Enjoy a weekend of family fun with carnival rides, pony rides, and a jum...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 4 hours ago